top of page
Writer's pictureAnrie @CHILLA\V

EK IS ANRIE...

Updated: Aug 24, 2021

Sjoe, daai klink eintlik soos 'n voorgeskrewe boek wat ons in Engels op skool moes lees... I am David! Ha-ha-ha! Die blog was nie eintlik my eie idee nie - my man het gesê ek moet so bietjie uit my boks klim - hoe anders gaan ons (dis nou ek en my potensiële kliënte) mekaar leer ken? Valid point.


So... ek is Anrie, die eienaar van Chilla Vanilla. Daai klink effe belangrik, so kom ek stel dit anders: ek is die hande agter Chilla Vanilla. Hande wat dit love om mooi te maak. Dit is so-wrintie my passie en dit is 'n awesome voorreg om dit elke dag van my lewe te mag doen.


Ek is Afrikaans groot gemaak, daarom skryf ek eerder in 'n taal waarin ek gemaklik is, maar ek belowe ek kan jou mooi-maak in Engels ook!

So bietjie meer oor myself vir nou - in my volgende blog sal ek meer oor CHILLA\V gesels.

Ek is in my middel 30's, ha-ha-ha (hoekom is dit so blerrie moeilik om

te sê hoe oud 'n mens is... dit is ook sommer tjol)

Ek trek nou by level 35 (dit klink beter né).


Ek is first and foremost, 'n Koningskind, 'n Eggenote, 'n Mamma... 'n vrou.

Vrouwees is so beautiful voorreg - al voel dit nie soms heeltemal of dit so is nie, en ek wil jou help om dit te celebrate!

Ek het Somatologie geswot aan die Universiteit van Tegnologie van die Vrystaat (toe nog Technikon Vrystaat), so ek verstaan die wetenskap en werking van skoonheid, wees gerus. Skoonheid en alles wat daarmee gepaard gaan is my loopbaan, nie my stokperdjie nie.


So midde my kwalifikasie het ek in 2005 my man, Johan ontmoet ('n storie vir wanneer ons mekaar beter ken). Klaar geswot, het ek by twee start-up salonne gewerk, totdat ek in 2007 besef het dat my idee agter skoonheid, nie heeltemal algemene tendens is nie, en ek het besluit om op my eie te gaan.


In hierdie tyd is Vivacious gebore, my tweede baby (moenie vir Johan sê nie). Ek en Johan was eers vennote, toe word ons eggenote, al wat nog ontbreek is die R200-note :-) Daarom verwys ek so gemaklik na ons as ek oor CHILLA|V gesels. Arme Johan is geforseer om meer van skoonheid te weet as wat ek glo hy regtig ooit wou. Hy moes even al proef sit. Jip! Gelukkig vir hom was dit vir "special effects" make-up, ongelukkig vir hom was dit 3 ure op 'n slag :-)


Daarna het ek verskeie kursusse geloop in alle addisionele aspekte van skoonheid: naels, PMU, gevorderde grimering, wimpers ens.


Ons het Vivacious in 'n een-slaapkamer woonstel begin.

Die kombuis counter en (ingeboude) oond het letterlik langs my tafel gestaan waar ek naels gedoen het. Die son bed het op daardie stadium in die (enigste) kamer gestaan, so ons moes die treatment-bed met 'n gordyn skei van die ontvangs (apie emoji wat sy oë baie styf toe hou). En, ai-tog, die badkamer was aan die ander kant van die (enigste) kamer. Dus, as iemand son bed gelê het en jy het gekom vir tips,.. jammer dat ek nie vir jou koffie aangebied het op daardie stadium nie... it was really in your best interest.


Die beste hiervan is natuurlik die feit dat ek soveel kliënt-vriendinne juis in daardie tyd bygekry het en dat heel meeste van hulle steeds deel is van my droom (wilde knop in die keel).

BAIE, baie, baie dankie julle! Mwah!


Ek en Vivacious het 'n fab pad gestap met baie opdraendes, maar verseker ook van die mooiste hoogtepunte.


In 2016 is ek ge-bless met my derde én vierde (regte-egte) babies sommer so gelyktydig en hulle is die sonskyn in my lewe.

Ek verstaan nie net skoonheid nie - ek is ontsettend passievol daaroor.

Ek verstaan meisie-wees, vrou-wees en mamma-wees. Ek verstaan al jou opoffering!

Daarom dat ek sê “it’s about more than just nifty nails and breathtaking brows”.


Dit is vir my lekker en ʼn voorreg om kliënt-vriendinne mooi te maak, om hul gesigsuitdrukking te sien wanneer die uitkoms lyk soos die Pinterest prentjie waarmee hul ingestap gekom het :-) Ons chats, soms sommer net ʼn drukkie; ander kere die diepte en stilte as ek agterkom jou tuin het (op daardie stadium) bietjie meer onkruid as blomme.

Johan het in die 14 jaar wat ons saam is ophou simpatie toon as ek huil, want (in sy defence), dit gebeur baie maklik. So, ons mascara kan maar saam loop as jou krane vol is. Daar is gelukkig hope make up in die salon, so jy sal fabulous daar uit loop, belowe.


Ek wil jou suster in skoonheid wees, so ek hoop ek ontmoet jou sommer gou.


Tot dan, bly mooi!


Anrie


NS: Die slim mense sê ek moet #hashtags gebruik, andres kategoriseer die slim rekenaar programme (slim, huh?) nie my inhoud nie. So, hier gaan ons..



Jip... daai een sit nou in my kop ook vas! :-)


Profile Pic, photo credit: Danita Marais @ TruReflection Studio

312 views0 comments

Comments


bottom of page