So, jy het jou somatoloog ontmoet, jou haarstilis, jy is mal oor jou fotograaf en die venue is beskikbaar en beautiful.
Volgende?
Wow girl, jy is effective! Hierdie gaan sommer ʼn breeze wees vir jou.
Nou moet ons gesels oor jou rok, look en feel.
Hoekom nou eers oor die rok gesels? Die eerste vraag wat jou designer jou gaan vra is, "wanneer trou jy?" Dus, as jou venue reeds bespreek is, is jou datum vas. Jou designer gaan jou 10/1 ook vra wie jou hare en grimering doen. Jy is dus (soos die pro wat jy is) reeds gereed om hom/haar te antwoord op elke vraag! Dit is ʼn plesier :-)
Nou om ʼn redelike sensitiewe saak aan te raak, maar jy gaan die een of ander tyd gedurende jou beplanningsproses hieraan dink. Gewig.
As JY (en ek het gesê JY) nie gelukkig is met daai een rolletjie “te veel chocolate na my laaste teleurstelling” nie, nou is die tyd om hieroor na te dink.
Kom ons begin by die begin: niemand is perfek nie. Moet asseblief nie vir jouself onhaalbare doelwitte stel nie. Daar is net mooi niks meer teleurstellend as om nie die doelwitte te bereik wat jy vir jouself gestel het nie.
As jy dit vir jouself uitgemaak het dat jy x-aantal gewig moet verloor, dink asseblief realisties daaroor. Indien dit enige iets bo 5 kg is, maak seker jou troudatum gun jou genoeg tyd om daardie tipe gewigsverlies te akkommodeer. Ons almal se liggame reageer verskillend en daar is so baie faktore wat bepaal hoe vinnig en effektief jy gewig gaan verloor.
Ek herhaal – stel vir jouself ʼn bereikbare doelwit. Dit kan een wees wat jou effe challange, maar moet asseblief nie onrealisties wees nie. Kyk so daarna, sou jy nie hierdie doelwit bereik nie gaan jy jou hele spesiale dag ongemaklik voel. Dit gaan wys op jou gesig en jou foto’s en dit is sowaar nie die moeite werd om jou huwelik so af te skop nie.
Sou daar ʼn kilo of wat wees wat afgeskud moet word en jy is nie reeds in ʼn reg eet-en-gym roetine nie, konsulteer asseblief ʼn professioneel. Ek kan net weergee wat tot dusver goed gewerk vir van my bruide in sulke gevalle, en dit is ʼn tipe Boot Camp. Hierdie tipe oefening is ʼn aanhoudende, hoë intensiteit tipe regime, met ʼn trainer wat min genade het. Onthou op hierdie punt – dit alles begin by reg eet! Jy kan jou blou oefen, maar sonder die regte dieet is dit tevergeefs.
Jy gaan jou designer glad nie help deur vir hom/haar te sê jy gaan ʼn 8 wees ʼn week voor jou troue, as jy huidiglik ʼn 12 is, en jy trou oor 2 maande nie.
Hierdie laat my dink aan die fliek Bride Wars waarin Liv (Kate Hudson) die stelling maak “you don't alter Vera Wang to fit you, you alter yourself to fit Vera!” Ag, dankie tog ou Vera-shmeera is nie ‘n designer wat ons hier die Vrystaat kan bekostig om te gebruik nie, Susan!
Julle sou nie op trou gestaan het as gewig / voorkoms 'n probleem is nie, so ontspan net effe die boude op hierdie een, dame.
Maak ʼn realistiese besluit hieroor, gee jou alles om te bereik wat jy graag wil, kry die nodige hulp... maar vind vrede in ʼn menswees. Jy is werklik nie jou gewig alleen nie.
Sodra jy jou mind opgemaak het rondom dit, maak dit jou designer se werk soveel makliker.
Wanneer jy ʼn designer kies, maak asseblief seker jul persoonlikhede is versoenbaar en sy/haar mikpunt vir jou look is in lyn met jou droom. Dit is eerlikwaar die moeilikste ding om te verskil van enige van die beauty boffins in jou span.
Inteendeel, maak seker jou persoonlikheid is versoenbaar met almal in jou tribe. Omdat dit ʼn stresvolle tyd is en jy alles perfek wil hê, is dit super moeilik om soms jou pose te hou. Jou span moet dit verstaan en op ʼn professionele manier kan hanteer.
Op hierdie punt: Pinterest is in hierdie geval jou grootste vriend en grootste vyand. Vriend, omdat jy hope inspirasie daaruit kan put (maak seker jy het baie data op jou foon) en vyand, omdat dit jou soms met onrealistiese verwagtinge kan laat.
In my opinie is tydloos altyd jou beste en veiligste opsie. Ek probeer wraggies nie sê conform en moenie jouself uitdruk nie. Way-out trends hou een of twee seisoene en daarna is dit basta. Sulke trends los jou dan met foto’s wat jy liewer in die kas bere, as uitstal... en onthou... jy gaan dit eendag aan jou kinders moet verduidelik :-)
Jou sleutelwoorde as jy trends oorweeg is matig en balans! As jou keuses by daardie kriteria inpas, own-it en go-for-it!
Nou dat ons die look onder die knie het, kom ons gesels, feel. Eintlik (dink jy by jouself) moes jy daar begin het, want feel is mos veronderstel om deur te trek, van hoe jou venue lyk, tot wat die bruid, bruidegom en trou-geselskap aan het, jou hare, jou grimering ens.
Feel of tema. Hierdie is seker die moeilikste een, waarvoor ek die korste antwoord gaan gee. Ek dink voornemende bruide plaas hulself onder ongelooflike druk om hierdie element vas te pen.
Kan ek jou goeie raad gee? Wees net jouself! Dit is die beste feeling wat daar is en almal, van jou voornemende eggenoot, tot jul familie en vriende is jou deel, juis omdat jy, jy is en awesome is. Punt, klaar, uit-en-verby. Wie gee om of daai gaste-geskenkies nie heeltemal inpas by jou "tema" nie. I am yet to meet ʼn trou-gas wat elke geskenkie gehou het en koester.
Weereens, doen jou bes, doen wat jy kan, en basta met die res!
In ons volgende blog gesels ons meer oor alles nader aan jou dag.
NS: Het jy al jou gastelys gefinaliseer en jou uitnodigings gestuur?
Commentaires