top of page

Velsorg, deel 2 (van 2) Goed dan, wat moet ek doen?

Updated: Aug 24, 2021

Ek glo ons het die aangeleentheid rondom velsorgprodukte en die hoo-ha wat daarmee gepaard gaan deurgetrap.

As jy nie my eerste blog inskrywing oor velsorg gelees het nie, vind jy dit hier. Jy mag dalk nie heeltemal verstaan waarop hierdie blog gebaseer is, as jy nie voorafgenoemde inskrywing gelees het nie.


Dit is alles goed en wel, wat maak CHILLA\V se voorstel dan so anders?


Maklik...

 

1. KOOP LOCAL


  • Al is ons almal gekondisioneer om te glo almal “oorsee” is soveel slimmer en beter as ons, glo my as ek sê, Suid-Afrika het baie slim mense, en boonop word baie van die bestanddele wat in velsorg produkte gebruik word, juis net hier van ons verkry. Ons is miskien nie eerstewêrelds nie, maar verseker ook nie onnosel nie.

  • Ons wit-jasse ken Suid Afrikaanse velle. Suid-Afrika is ʼn wildly diverse nasie, met baie verskillende vel tipes.

  • Ons wit-jasse ken ons omgewingsfaktore. Suid-Afrika se klimaat verskil ongelooflik baie van die van byvoorbeeld Swede (waarvandaan seker die heel grêndse produkte kom). Mens, al wat jy nodig het van Swede is ʼn kar, dis al... hallllooooo @volvocarsa... :-)

  • Swede het ʼn matige temperatuur die heel jaar lank. Ek sal sowaar as vet laaik om een van daai wit-jas mannetjies, wat aan hul velsorgprodukte werk, hier op ʼn plaas in die Vrystaat te sien, midsomer. Die hoogste temperatuur ooit opgeneem in Swede is 38 grade Celsius.

2. KOOP CRUELTY-FREE


Kom nou dame – jou rooi lippe is nie ʼn hasie se oog werd nie. “Animal Testing” is wreed, punt. CHILLA\V is all for: NO animal testing!


3. KOOP BEKOSTIGBAAR


Ongelukkig is daar een waarheid in blog 1 waarby ons nie gaan verbykom nie. Kwaliteit bestanddele is ongelukkig effe duurder, so, moenie verwag om Woolies® vrugte te eet en Makro® pryse te betaal nie.


Hierin voel ek lê die enigste rede vir bietjie meer betaal, maar verseker nie tot die punt dat jy vir die res van die maand pap-en-tik nie. (pap-en-tik... oh my word... as jy nie weet wat dit is nie, sien link onder aan die plasing). Haai - ons het baie om voor dankbaar te wees.

4. KEEP IT SIMPLE


Jou velsorg regime moet maklik en haalbaar wees om toe te pas.


Vir die besige dame wat jy is, is daar eenvoudig nie tyd om ure-en-ure te spandeer hieraan nie. Vyf minute tops, oggend en aand. Behalwe wanneer jy ʼn masker aansit, maar dit is slegs een maal per week.


Op hierdie punt; jy slaap nooit-ooit met jou grimering aan nie! Al vryf jy dit net af met ʼn “wet-wipe”, dit is nie aanbevole nie, maar verseker beter as om daarmee te gaan slaap.

5. HOU DIT DOELGERIG


Jou velsorg regime moet doelgerig wees.


Mens kan ongelukkig nie ʼn olierige vel dieselfde behandel as ʼn droë / kombinasie vel nie. Daarom help dit jou glad nie as dit ʼn afgewaterde, “for all skin types” is nie. Jy mors regtig net jou geld.


Sekere bestanddele, toepassing en werking daarvan in kontak met jou vel, behandel sekere vel kondisies beter as ander. Dit hang ook af of jy sukkel met aknee of maklik ekseem vorm, ʼn sensitiewe vel het ens.

6. WERK DAARAAN, SAAM MET IEMAND MET KENNIS


Velsorg is soos gym, jy gaan nie resultate die eerste oggend sien nadat jy begin het nie. Dit vat ʼn tydjie.


Somatolë is werklik nie net poppies wat hou van pienk unicorns en spookasem nie Susan, al mag jy dalk so dink. Pienk unicorns en spookasem is awesome :-), maar ons het darem vel-kunde as een van ons vakke gehad. Ons weet eerlik so ietsie hiervan.


Werk saam met ʼn spesialis aan jou unieke behoeftes.


 

Nou ja, hier volg my tried-and-tested oplossing vir velsorg, asook my keuse produkte (en ja, natuurlik word dit deur CHILLA\V bemark)...


VITADERM en WESSON THERAPEUTICS


Beide produkte, trots Suid-Afrikaans, doelgerig, cruelty free en breek nie die bank nie.

Op intree vlak, beveel ons die volgende regime aan:

GESIG WAS

WESSON, Emollient Gel Wash

VITADERM. Gentle Cream Cleanser OF Mild Gel Cleanser

Dit is uiters belangrik om ń gesig was te gebruik wat nie jou vel uitdroog nie, so los asseblief die koekie-seep net daar op die rak!


Die gesig was moet jou vel hidreer en vog verlies verhoed.


Jou vel-tipe bepaal watter een van die produkte beter sal werk.

VOG ROOM

VITADERM, Ultra-Light Moisture Cream

VITADERM, Anti-Oxidant Cream

WESSON, Moisturising Cream

WESSON, Multi-Purpose Cream

Hierdie is uiters integraal om jou vel se voorkoms en gesondheid te bevorder, maar, aangesien hierdie een afhang van jou spesifieke vel-tipe, moet ons eers gesels.


Nie ʼn vogroom gekombineer met ʼn “ingeboude” sonblok nie. Dit is nie so effektief nie en gewoonlik is vogrome met ʼn “ingeboude” sonblok te olierig vir sekere veltipes.

SONBLOK


WESSON, Sunscreen SPF30

VITADERM, Reflective Sunscreen SPF25+

Ons love beide hierdie produkte. Lig, and a little goes a long way. Hierdie produkte is ook nie te olierig nie, en sal dus verhoed dat enige van jou porieë verstop..


Wend hierdie produk elke liewe dag aan om voortydige veroudering as gevolg van UV blootstelling te minimaliseer.


 

As bogenoemde al is wat jy in jou budget kan inwerk, is ons by CHILLA\V al 70% gelukkig met jou velsorg regime. Nog nie heeltemal ideaal nie, maar ons kan dit stadig vat.


Dit sal baie help as jy die volgende produkte ook sal oorweeg:

TONER


VITADERM, Regulating Toner

Jy het iets nodig wat “tannic acid” bevat, soos in hierdie produk, tesame met die produk se PH balanseringseienskappe is hierdie ʼn wenner, ook vir aknee.


Wanneer jy hierdie produk aanwend, gee veral baie aandag aan jou haarlyn en rondom jou neusvleuels.


Hierdie toner gaan ook help om sweet in jou gesig te beperk.

AFSKILVERING


VITADERM / WESSON Enzymatic Gel Exfoliater

Beide Vitaderm en Wessson Therapeutics het hierdie produk beskikbaar. Hierdie awesome produk bevat papaja- en pynappelensieme wat die vel se dooie selletjies los maak op die oppervlak, sonder die gebruik van growwe korreltjies. Hierdie produk is veral goed vir sensitiewe velle wat geneig is tot aknee en kondisies soos psoriase.


Wend die produk aan sodra jy klaar jou gesig gewas het, los dit aan vir 10-15 minute, spoel af en volg op met ʼn masker, soos onder aanbeveel. Een maar per week.


Dit is veral goed om bogenoemde regime te volg voor ʼn groot geleentheid/funksie. Wend die produk aan (jou lippe ook). Voorafgenoemde sal help dat daar geen oorblywende velletjies iewers uit kruip wanneer jy jou grimering die volgende dag aanwend nie.

MASKER

VITADERM, Skin Renewal Gel

Ons #1 must-have produk. Hierdie awesome produk is 100% hipoallergenies en dit vernuwe die vel se natuurlike balans. Dit bevat aalwyn, laventel (bwa-ha-ha-ha! As jy wonder hoekom ek ʼn oomblik nodig het, kliek hier), en tee-boom ekstrakte wat vel sensitiwiteit en hidrasie vlakke super goed bevorder.


Die het ook anti-inflammatoriese eienskappe wat swelling en rooiheid verlaag. Dit help dus onder andere ook met brandwonde en sonbrand.

In tye wat jy agterkom jou vel droog meer uit as normaal, kan dit in die aand (na bogenoemde roetine), dun aangewend word en op jou gesig rus tydens jou beauty-sleep.


Ons noem hierdie ons #1 produk, maar dit is meer belangrik om jou gesig reg te reinig en verlore vog op ʼn daaglikse basis te herstel. Daarom, as jou budget dit nie op hierdie stadium toe laat nie, sou ek eerder fokus op die regte gesig-was, die regte vogroom en sonblok.


 

Met bogenoemde produkte in jou badkamer kassie, is ons werklik 100% daar met jou daaglikse velsorg regime.


Beide Vitaderm en Wesson het great gespesialiseerde produkte ook, wat spesifieke probleem areas in jou velsorg meer intensief behandel.

Oor hierdie produkte sal ons gesels (net as dit nodig is) as ons saam (decaf) koffie drink... ek jok... as jy my ooit weer hoor sê “decaf koffie” is ek ontvoer en ʼn teken dat ek hulp nodig het.


Booyah!


Ons wil jou so graag help! Kom kuier, toe?

Tot ons weer gesels, bly mooi!


Anrie


Pap-en-tik: http://www.plaastoe.co.za/spys-en-drank/item/51-pap-en-tik-aan-die-vleis

165 views0 comments
bottom of page