top of page

Bruid blog 3 (van 3) Kom ons los alles en elope eerder, toe!

Updated: Sep 17, 2022

Teen hierdie tyd my mens, is jy redelik keelvol vir alles. Hoe hou mens almal gelukkig? Jou budget het vinniger uitgeloop as wat jy gedink het. Jy is nie meer seker oor enige iets nie en... het ek die oond afgesit?


Kan ek jou bemoedig deur te sê, jy gaan heeltemal okay wees. Jy is nie die eerste mens op aarde wat midde trou rëelings ʼn “stiff-it-all” moment het nie – en jy gaan ook nie die laaste wees nie.


Sleutelwoord in hierdie seisoen van die troureëlings is finalisering, afronding (en baie wyn).

Jy is nou besig om die pylvak van jou spesiale dag in te beweeg. Julle hoort nou iewers jul bachelors deur te werk en van daar, gaan die weke verby soos skou-spookasem sodra ek daai plastieksakkie oopgeskeur het... uit-en-klaar soos mis voor die son.


Byt vas.


 

In hierdie laaste paar weke moet jou beplanning vir ʼn kort tydjie verskerp (ek weet jy is meel, maar jy’s amper daar), sodat jy seker maak al jou harde werk kom bymekaar, is afgerond en finaal. Dit sal help om jou laaste twee weke ʼn minder “rush” tydperk te maak, sodat jy kan begin fokus op wat werklik saak maak. Jy, jou amper eggenoot en die celebration van jul liefde vir mekaar.


By the way, as jy dit nie bietjie stadiger begin vat na die aanloop van jou dag nie, gaan jy en jou nuwe eggenoot vir die eerste twee dae van jul wittebrood, aanmekaar (nie saam mekaar) slaap (van uitputting), en wie wil ʼn wittebrood nou so begin!?

In die laaste paar weke gaan ek en jy meer tyd saam spandeer om seker te maak jy is so na aan perfeksie as kan kom.

Ons love foto’s en om te sien hoe jou rok gaan lyk, jou ruiker, jou skoene, accessories en jou hare.

Hierdie is ʼn goeie tyd om my al jou Pinterest prentjies te wys. Ons kan begin beplan rondom hoe jy wil hê jou grimering en naels moet lyk. Ons gaan bietjie gedagtes uitruil, en dan jou proef boek.

ʼn Proef word ʼn proef genoem vir ʼn rede. Hierdie is die eerste keer wat ek en jy saam gaan werk aan jou grimering.


ʼn Proef is om te sien wat die beste by jou werk en wat glad nie werk nie. As ek en jy tot ʼn vergelyk gekom het oor jou grimering, gaan jy daarmee huis toe en slaap eers daaroor (asseblief nie met dit aan nie... soos in glad nie).

As jy gelukkig is met wat ons bereik het, great. Indien nie, dan proef ons weer. Dit is jou spesiale dag en dit is my eerlike wens en strewe om jou soos die prinses te laat lyk, wat jy eintlik reeds is.

Dit werk goed (maar is nie ʼn vereiste nie) om jou haar- en grimering proef op dieselfde dag te probeer doen. But, don’t get your hopes up – dit is soms ʼn logistieke nagmerrie. Hoewel, dit kan moontlik help om jou rustig te maak met betrekking tot jou volle, finale look.

Op die punt van hare en grimering, is dit weer vir my belangrik om te sê dat trends awesome is, maar nie die ultimate nie. Tydloos bly hier vir my ʼn kardinale sleutelwoord.

Ons wil probeer om jou soos jy te laat lyk, amplified.

ʼn Way-out smokey-eye is great vir ʼn meer formele aand uit, maar dit pas nie noodwendig altyd goed by ʼn beautiful trourok nie. Ek gaan met jou gesels rondom wat (normaalweg) beter lyk by jou gelaat, jou kleur oë, jou lippe, wangbeen-konstruksie, wimpers ens.

By CHILLA\V gebruik ons Krayolan® as basis tydens ons grimering aanwending. Krayolan® stood the test of time en is spesifiek geformuleer vir fotografie. Die onderlaag is nie-reflekterend, wat beteken al die kamera flitse gaan nie van jou gesig bons nie, maar liewer saam met die flits werk, deur dit te absorbeer en daai spook-gesig effek te vermy.

Die Krayolan® reeks is langdurend en stewig, sou daar ʼn paar dammetjies in jou oë vorm deur die loop van jou spesiale dag. Die reeks is ook baie veelsydig en hipoallergenies.

Twee weke voor jou trou dag


As jy oor die algemeen sukkel met hardlywigheid, en jy nie normaalweg medikasie hiervoor gebruik nie – kan ek ʼn matige lakseermiddel voorstel? Omdat jy deur ʼn stresvolle tyd gaan en dit effe gaan intensify oor die volgende 2 weke, gaan jy dalk net meer hardlywig raak. Gesels met jou GP hieroor. Movicol® is ʼn baie effektiewe, matige middel (in my ondervinding), maar jy moet eers met jou GP gesels, asseblief. Moet onder geen omstandighede luister vir iemand wat vir jou sê, eet twee dae lank voor jou troue net pynappel nie!!


Een week oor (slaan hande saam van excitment)


ʼn Week voor jou troue is ek en jy ampertjies beste vriendinne. Ons gaan begin fokus op jou voorbereiding en jou gesigsbehandelings finalisser. Op hierdie stadium moet jy asseblief probeer om gereeld water te drink, so gesond moontlik te eet en so min as moontlik kafeïne en alkohol te drink (kafeïne verhoog sweet uitskeiding... ek weet dit is moeilik). ʼn Vitamien B12 aanvulling is werklik op hierdie stadium beter vir jou. Moet verkieslik ook van hierdie punt af enige eksotiese disse eet nie, veral nie spicy nie en moenie jou normale vitamien aanvullings vergeet nie.

Twee dae voor jou troue is ek en jy omtrent die hele dag besig met mooi maak. Teen hierdie tyd moet jy klaar wees met jou son bed tan regime. Ons moet vroegtydig gesels, sou jy die spray-tan roete gaan, aangesien ons die timing tussen dit en jou waks perfek moet hê.


In hierdie tyd gaan ons gaan hare op plekke verwyder waar dit nie hoort nie, naels en tone doen. Ons gaan jou wimpers aanwend (wat tussen 3 en 4 weke aan sal bly as jy mooi na dit kyk), asook jou pedi- en manikuur en brow shaping.

Na ons dag saam, moet jy begin rustig raak. Maak seker jy drink genoeg water en slaap ten minste 8-10 ure die volgende twee aande. Julle kan op honey-moon heelwat minder slaap :-)

Daarna sien ons mekaar eers weer op jou spesiale dag.

Onthou om vir 15 minute met die nat kant van ʼn aartappel skil onder jou oë te lê voor jy gaan slaap, vir die volgende twee aande. Dit gaan sommer baie help om enige donker ringe onder jou oë te verwyder!

En moenie vergeet om te exfoliate die aand voor jou trou nie. NIE met ʼn korrelrige scrub nie, asseblief! Verwys na ons blog m.b.t. velsorg produkte.

By CHILLA\V is ons mal oor bruide. Dit is so awesome tyd in ʼn

mens se lewe en ons wil dit saam jou celebrate.

Ons sien uit daarna om jou te ontmoet.


Bly mooi!

Anrie


 

HIER VOLG 'N PAAR TIPS VIR JOU WITTEBROOD:


Wittebrood is seker die mees “magical” tyd ooit. Julle twee is in die “love-bubble”. Jul hele familie en al jul vriende weet dit, so niemand steur julle nie.

Om die maksimum tyd saam uit hierdie tyd te koop:


Vermy enige overly-eksotiese disse tydens jul tyd daar. Jou liggaam is 10/1 gewoond aan jou normale dieet, so probeer sover moontlik te hou by etes waaraan jou liggaam gewoond is. Flatulence is ʼn very real thing en 'n erge verleentheid. 'n Skielike verandering in jou dieet kan veroorsaak dat jy bloat en dan is bikini dra nie so lekker nie.

NB: Moenie nalaat om genoeg water te drink in hierdie tyd nie.

Ek weet nie of dit algemene kennis is nie: as jy nie gebruik maak van ʼn voorbehoeding inplanting of mirena nie, kan jy een siklus op hou sit. Daar is niks eksoties aan ʼn eksotiese see wittebrood tydens rooi gety nie... vra jou GP vir meer inligting rondom beplanning in hierdie afdeling en moet om hemelsnaam nie iets onverantwoordeliks hier aanvang nie.

Sonskerm, sonskerm, sonskerm. Dit is nou AS jul enigsins uit jul kamer gaan wees! ʼn Rooigebrande lyf is nie net onaantreklik nie, maar blerrie seer. Vir glipse in hierdie afdeling, onthou jou VITADERM, Skin Renewal Gel Dit werk wonders vir ʼn rooi seer gebrande vel.

Moet asseblief nie net een paar skoene inpak nie en moet regtig nie te veel geld spandeer aan fancy onderklere nie – glo my – dit gaan vinniger af wees, as aan :-)

Indien jy kroniese medikasie gebruik – maak seker jy het genoeg, of alternatiewelik ʼn voorskrif daarvoor, sou jy uithardloop.

As jul in die buiteland wittebrood hou, onthou om by jul mediesefonds uit te vind of jul dekking het in lande buite Suid-Afrika. Onthou ook om vroegtydig seker te maak jul paspoorte is geldig.

Onthou om nood nommers op jou foon te stoor en (niemand hoop op dit nie), maar maak seker jy het ʼn idee waar die naaste hospitaal is by jul bestemming.

bottom of page