top of page

VIER-EN-VEERTIG dae vandag!

Updated: Aug 24, 2021

Dit help sowaar nie jy hou ons besighede gesluit en forseer ons om by ons HUISE te bly, as ons een van die dae van al die ge”huis-blyery” op straat gaan sit omdat ons nie ons HUISE kan betaal nie Meneer President Ramaphosa!


Jy kan tog nie verwag dat ons bloot moet kalm bly terwyl ons inkomste saam met ons onder slot-en-grendel sit nie! Ergste van alles vir my, is dat ons nie ʼn idee het wanneer julle gaan besluit om van vlak “4” na “3” te beweeg nie. Nie eers te praat van vlak “1” en uiteindelik “0” nie. Stilbly is seker ook ʼn antwoord, nè?


Ek reken ek is besig om deur die stappe van rou te werk; eers net “plain sad”, en nou net plain DIE JOOS IN! Inteendeel, I’m foaming at the mouth! “Denial” is al week “1” by die deur uit.


Voor jy jou dodelik vererg terwyl jy deur die blog werk, verstaan my asseblief reg... ek maak nie lig van ʼn hewige saak OF doen my voor as die een-of-ander deskundige met enige outoriteit nie. Ek deel eenvoudig die tipe dinge waarmee ek worstel sodra my kop die kussing slaan in die aand.


Ek probeer sin maak van hierdie radikale, lewensveranderende gebeurtenis wat oud en jonk op hol het, en ons almal onder huisarres die afgelope “6” (en ek weet nie hoe lank nog) weke. Nie te praat van die ekonomiese havoc wat vir ons wag sodra ons vonnis uitgedien is nie.


Hierdie is ʼn lang stuk, so, al léés jy dit nie... is dit ook okay.Ten minste het ek dit nou uit my sisteem gekry en kan ek hopenlik aanbeweeg na die volgende stap in die rou proses.

Ek dink op hierdie stadium is die moeilikste om te verwerk, die stilte. Wanneer beplan julle om met ons te kommunikeer m.b.t. julle beplanning? Wat is die tydperk per vlak? Wanneer is julle van plan om ons in kennis te stel hoe julle skole wil heropen? Elke dan-en-wan is daar ń voorstel, maar niks is ooit finaal of konkreet nie. Ons het nodig om te beplan hoe ons ons kinders gaan help as hulle moontlik eers in September weer ʼn skool gaan sien. Hoe vorder julle met jul (gesondheidsorg) voorbereiding om die vooruitsiende hordes (in jul mening) te behandel wat moontlik met Covid-19 besmet (mag) word?


Sherbet, ek verstaan dit is ʼn virus en wisselvallig van aard, en projeksies is maar (geleerd) teoreties maar jinne mens, my logika (nie geleerdheid nie) sê vir my dat die virus nie eenvoudig skielik gaan “up-and-leave” nie! Wag julle vir ʼn inenting? ...Oh my word... maak dan maar julle safety-belts vas mede Suid-Afrikaners, want dan gaan hierdie pad nog erg stamp-en-stoot raak! Oorgelewer aan “wie-weet wie” om “wie-weet-wanneer” met ʼn inenting voorindag te kom, en dan te wag vir befondsing om massa produksie en verspreiding te bewerkstellig.


Die media rondom bogenoemde is net so wisselvallig soos my gemoed op hierdie stadium... “hopelik sal daar ʼn ent wees teen Desember of Januarie volgende jaar”... die nuutste is... “daar gaan moontlik nie ʼn ent kan wees nie”! Ooo, en moenie vergeet dat dit nie te sê is jy kan moontlik wéér C-19 opdoen as jy dit reeds gehad het nie, hoor! En na hierdie hele fuifparty, hoe presies moet ons die media in elk geval nou juis ten volle vertrou?


Tot mediese dokters, viroloë en professors uit dieselfde geleerdheid se menings verskil dan dag-en-nag van mekaar!

Ek is sterk op pad om my tin-foil hoedjie op te sit en te begin wonder wat werklik hier aan die kook is. Wie is besig om om geld hieruit te maak? Na SOVEEL inligting rondom C-19, is dit redelik apparent dat, indien jy nie enige onderliggende of kroniese aandoenings het, of deel uitmaak van dié in hul goue jare nie, jou Godgegewe immuun stelsel sal doen waarvoor Hy dit in jou lyf geplaas het in die eerste plek.


Ek reken die mensdom is in absolute vrees gedompel, omdat ons geïndoktrineer is dat daar geen mediese kuur beskikbaar is nie. Behandeling is dus “ondersteunend”. M.a.w., die medici sal jou help om beter asem te haal as jy kort van asem is of inkubeer in ernstige gevalle (waarvan daar ook bewyse is dat dit ʼn negatiewe impak mag hê), jou temperatuur verlaag as jy koors het en pyn medikasie toedien indien jy lyfseer het, en dan... dan veg jou eie immuun stelsel die virus. As jy die stryd verloor, wel... wat is daar dan nog vir jou oor? Hopelik (en op ʼn baie dringende en ernstige noot) hoop en vertrou ek, die strate van goud en om aan die voete van ons Verlosser te sit.


Ek herinner jou graag daaraan dat daar nie ʼn kuur vir heelparty siektes is nie. Jy kan sterf aan “gewone” griep of longontsteking ook, antibiotika of te not. Sure, ek weet die kanse is (effe) skraler, maar die moontlikheid daarvoor bestaan steeds. Jy kan een oggend wakker word en ʼn knop in jou bors voel en dit kan kanker wees, of (soos my Ma altyd sê), "oor die pad loop en ʼn kar trap jou dood”. Daar is ook nie ʼn kuur vir kanker nie, en al leef jy 100% op die straight-and-narrow, is dit nie te sê jy gaan nie moontlik kanker opdoen nie. Sure, C-19 is aansteeklik, maar nie almal wat dit opdoen gaan noodwendig die emmer skop nie. Jou kanse met kanker (veral sekere soorte), is heelwat skraler.


Dit is net so flippen gevaarlik om te reis oor Paastyd of met Desember-vakansie (gaan maar die statistieke na, dit is staggering), maar as dit binne ons vermoë is, pak ons daai motors en val in die pad sonder om twee maal daaroor na te dink.


Die JAARLIKSE STERFTE syfer van “gewone” griep in Suid Afrika is tussen 6 000 en 11 000. STERFTES, nie infeksies nie (bron: Departement: Health Republic of South Africa). Dus, met die beskikbaarheid van ʼn ent EN antibiotika, STERF daar jaarliks tussen 6 000 en 11 000 mense in SA aan “gewone” griep.


Dit is nou daai een waarvoor niemand so bang is nie; en griep is nou die naaste aan C-19 vir die doel van hierdie illustrasie. Ek onthou nie EEN jaar wat ons almal vir weke lank in ons huise vasgekluister gesit het a.g.v. “gewone” griep nie, of sosiale afstand moes handhaaf, of maskers dra, of nie kerk toe- of skool toe gaan nie.


Laat my toe om dit net effe in konteks te bring asseblief. Gereken op die gedokumenteerde syfers, sterf rondom 1% (afgerond) mense - m.a.w. geïnfekteerde individue – aan griep. Kom ons werk op die gemiddeld tussen 6 000 en 11 000 = 8 500. Dus, gemiddeld (±) 850 000 mense doen die griep op in SA in ʼn jaar (met ʼn ent beskikbaar, bygesê). SA se nuutste C-19 infeksie syfer is 8 232, met 161 sterftes. Laat dit asseblief insink.


Freak ons almal dus uit omdat die moontlikheid om te sterf as jy die virus opdoen 3.4% (wêreldwyd) in plaas van 1% is? In SA staan die C-19 persentasie huidiglik op ʼn afgeronde 2% (net ter kennisname), nie om eers te praat van Bloemfontein, waar ons almal ʼn lewe maak nie. In die Vrystaat staan ons op 134 infeksies, 134 uit die 8 232 in SA, dit is 1,6278%.


Ek is nie ʼn mediese dokter of viroloog of dra enige fancy titel nie – so – as ek verkeerd redeneer, help my reg maar wat mis ek hier?

Is dit omdat C-19 “novel” is, m.a.w. ʼn nuwe infeksie waarteen ons liggame nog nie immuniteit opgebou het nie? Maar as ek reg lees is daar uit die 8 232 gepubliseerde infeksies in SA op die oomblik, reeds 3 153 wat ten volle herstel het. So, het hierdie individue se immuun stelsel dan (wonder-bo-wonder) gedoen waarvoor die Here dit geskape het? Is dit omdat die virus se “R0” (R-naught... 'n wiskundige berekening wat die pas waarteen die virus versprei/aansteek bepaal) hoër geskat word as griep? Who knows... who knows anything anymore!


Ek redeneer nie dat ons nie moet doen wat ons kan om ons en ons medemens hierteen te beskerm nie. Die konsensus (waaroor niemand stry nie) is: bly by die huis as jy siek is, was jou hande vir “20” sekondes so gereeld as moontlik, moenie aan jou gesig vat nie en dra die flippen masker’tjie; die kenners reken mos dit sal kontak verspreiding van die virus BAIE verlaag en dan... “may the odds be ever in your favour”.


Aangesien daar dan nou nie ʼn ent of kuur is, wat méér kan jy doen? By die huis bly? Die einste HUIS wat ons een van die dae nie meer gaan hê omdat ons nie daarvoor kan betaal nie? STOPIT! Of dieselfde huis waar jy so-gou-soos-nou die virus kan inbring, nadat jy brandstof ingegooi het en jou plastiek kaart nie deeglik ontsmet het nadat jy dit terug gesit het in jou beursie nie. Daarna het jy aan jou motor stuurwiel gevat, die deur handvatsel, en toe aan jou huis sleutels en jou voordeur en jou yskas en daar val die kaart huis inmekaar. STOPIT!


Kan almal sê P-A-R-A-N-O-I-A! Dit is wat van my menswees sal oorbly as ek elke hoekie en kantjie van alles waaraan almal moontlik kon vat moet probeer afvee, mis vat en/of sanitize! Imagine iemand wat werklik ʼn vorm van OCD het in hierdie tyd...


Gaan ons almal nou maar handjies gevou in ons huise sit en... wat presies? Wag tot alles om ons verval en wanneer ons weer ons oë uitvee, onself in ʼn massive humanitêre krisis bevind? Soos ek voorheen genoem het, die virus gaan NIE skielik verdwyn nie, inteendeel, ek verneem daar is reeds ʼn mutasie van die oorspronklike C-19 wat in Wuhan “ontstaan” het. M.a.w. nou beter jy dubbeld so bevrees wees mens... en as die bogger so vinnig kan muteer, hoe lank gaan ʼn ent dan nou eintlik neem en hoe effektief gaan die aanvanklike een dan nou werklik wees? Jy beter ook weet dat jy daai outjie jaarliks gaan moet spuit om jouself te “beskerm” van elke nuwe “strain” wat verder muteer en/of bygekom het. Think about it!


Ons is aanvanklik versoek om drie weke samewerking te gee ten einde te “flatten the curve”, daarmee te help om nie ons (missing in action) gesondheidsorg te oorweldig nie, en die regering kans te gun om “voorbereiding” te tref. Ons het reeds VYF weke “hard lock-down” gegee, en ʼn verdere 1 week “hard lock-down lite”... en daar word nou verwag van sekere sektore om vas te byt tot WIE WEET WANNEER? C’mon!


Watter gemiddelde werkersklas gesin kan (veral in sekere sektore) dit finansieel uitstaan? En, op hierdie punt, hoe bou ʼn gemiddelde werkersklas gesin in elk geval in die tye waarin ons leef genoeg reserwes op om vir ʼn onbepaalde tyd by die huis te sit en koekies bak sonder ʼn inkomste? Dit is nou nie juis of jy versekering kan uitneem teen ʼn geforseerde “sit by die huis” omdat daar ʼn gevreesde virus die rondte doen nie. Moet ook nie dink die regering gaan ALMAL help nie – gaan ondersoek maar self hoekom nie.


Ai... en dan die ou “aand-klok” reël. Dit is vir my net so paradoksaal soos die sektore wat huidiglik mag operate en wie nie. Is die virus dan meer oordraagbaar tussen 20h00 en 5h00? Dit is nie asof daar restaurante of kuierplekke oop is waar mense hulle tot onverskilligheid kan kuier en dan die virus onverantwoordelik oordra nie. Dit is nie juis asof daar winkels oop is in hierdie tye om beweging in massas te beperk nie, is daar? Verduidelik ons jou logika daaragter minister, sodat ons beter kan verstaan. Wie weet, miskien is ons aan-boord as jou redenasie geldig is.


Is die virus meer oordraagbaar in bv. haar- en skoonheidsalonne as myne en winkelsentrums? Volgens die ministers, ja... jy as somatoloog of haarkapper “vat” aan mense... hahahahaha! Feite minister, ons vat aan ons kliënt-vriendinne / vriende en ons

l-u-u-u-r-v-e dit... maar verseker nie minder as wat daar gevat word aan trollies, kontant, kaarte, kaartmasjiene, OTM’s, plastieksakkies, deure, hysbak knoppies, ens. ens. ens. nie.


Op daardie punt... tydens normale bedryf (even nog VOOR die hele C-19 petalje), lyk my eie hande soos hoenderpote van al die was en sanitize VOOR ek aan enige van my kliënt-vriendinne “vat”!


Of wat van byvoorbeeld ʼn wassery vs. ʼn “professionele diens”: ʼn wassery, for crying out loud, bestaan uit seep, seep en nog seep... maar die ingenieur se kantoor kan “social distancing” toepas. In hulle badkamers, kombuise, deure, rekenaars, drukkers, skandeerders, ens. ens. ens. ook minister?


Of nog beter... deur hoeveel hande gaan ʼn aflewering take-aways? ...Whatever!

Ek is nou nie juis ʼn ekonoom nie, maar my logika sê vir my dat die waarheid eerder is dat dit gaan oor die land se GDP en watter sektore meer "waarde" in die (non existing) “ekonomie” instoot / bydra... just say it... ons klein besigheid’tjies maak nie (in julle mening) julle koffers vol nie. Ek wonder maar net wat sal die uiteinde wees as al hierdie klien besigheid’tjies nie meer kan belasting betaal, of werkers in hulle diens hê, of sorg vir die eindelose aantal gesinne waarvoor hulle huidiglik sorg nie. Gaan julle, Mnr. President, vir al hierdie addisionele miljoene-en-miljoene sorg op jul grants? Hahahahaha!


GEEN mate van voorbereiding sal deug op die skaal wat julle staat gesondheidsorg oorweldig gaan word as addisionele miljoene-en-miljoene hul privaat mediesefondse moet kanselleer omdat hul eenvoudig nie daarvoor sal kan betaal nie. Julle kan nie eers op hierdie stadium die aantal eise op TERS en UIF hanteer nie... check dit uit as julle aangaan soos julle aangaan.


Ag, en dan die nuutste... kom ons laat 19 000 gevangenis uit die tronke asseblief. Hoekom? Omdat dit in antwoord is tot ʼn versoek van die Verenigde Nasies op “lande” om ʼn plan te maak met die “lande” se oorvol tronke. Die kriminele het blykbaar sosiale afstand nodig! You’re kidding me, right!? Nou waar gaan die 19 000 paroolde kriminele werk kry in ʼn land waar die ekonomie net nou die dag “junk” status bereik het, en al “6” weke lank in lock-down is.


ʼn Land waarin ou Dawie Roodt reken ons moontlik oor ʼn miljoen poste kan verloor in die volgende paar maande. So, as hulle nie kan werk nie, gaan hulle moontlik nie kan eet nie... en as hulle nie kan eet nie, wat reken jy volg daarop? Fill in the blank. Ek verstaan dit gaan beheers plaasvind oor ʼn periode van "10" weke en dat die krims wat op parool vrygelaat word, na aan die einde van hul vonnis is. O, en hulle is “lae risiko” krims. Wat in der ewigheid is ʼn lae risiko krimineel? Kom ons hoop maar vir die beste.


Maar hierdie is “unprecedented times”... more like, unprecidented as jy my vra. Kom Mnr. President, kommunikeer met ons mense en hou ons ingelig i.v.m. julle planne. Ons kan nie langer handjiesgevou sit nie.


Ons mis ons mense, ons kerke, ons skole, ons LEWENS!


STOP nou hierdie waansin! Dit is tyd #EndTheLockdownSA


Ek is sooooooooooo OORIT!


Al my #chillove en strongs nè!


Anrie


NS: As jy, liewe leser, van my verskil – dit is absoluut jou prerogatief. Jy MAG jou eie mening hê, en ek myne. Dit is die beautiful dink van vryheid... wel... vryheid soos ons dit eens geken het.


NNS: By the way, ek verneem van ʼn kardioloog in Bloemfontein wat reken sy is nou nie so seker oor die masker’tjie dra nie. Dit help nie jy peuter die hele tyd met die ou dingetjie terwyl jy in die publiek verskyn terwyl jy waarskynlik reeds aan honderde oppervlaktes en handelsware gevat het nie. Dit help ook nie jy gooi die dingetjie in die motor en sit dit weer op net-nou as jy weer in die publiek verskyn nie. Die ou lap maskertjie moet GEWAS word, ELKE KEER as jy dit afhaal (op die regte manier bygesê). Tensy jy oor die R800-00 wil opdok vir weggooibare masker’tjies en die dingetjie elke keer weggooi nadat jy dit afgehaal het.

78 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page