top of page

Wanneer jy briefies soos hierdie kry...

Updated: Jan 24, 2019


Eish... 'n knop in die keel oomblik. Dankie Here vir die voorreg om tot deur my beroep 'n verskil in mense se lewens te kan maak!


Xandria Botha, vandag celebrate ek jou, my suster in skoonheid. Mag jou lippe altyd rooi wees, and your foundation never be flaky. Mag jou pad besaai wees met God se sëen en jou mooi-maak plekkie shine van Sy liefde!

Baie dankie vir jou mooi briefie!


 

19 Januarie 2019


Liefste Anrie,


Vyf jaar terug toe ek jou ontmoet het, was ek maar baie verdwaald maar tog het ek soveel inspirasie gevind toe ek in jou salon stap. Ek onthou nog my eerste woorde so goed soos gister, “wow dit is so mooi hier, ek sal ook graag eendag so iets wil hê”.


Jy het my naeltjies nog mooi gemaak en ek onthou ek het jou so oorweldig met duisende vrae oor die beroep. Jy het soveel kennis gerda van alles, en al jou raad het altyd so goed gewerk.


Van vel-kunde, selfs versorging en sommer net ‘n somatoloog wat ‘n vriendin geword het en iemand wat na mens luister, iemand by wie jy kan oop maak wat nooit ge-judge het nie.


Ek weet die Here het deur jou met my gepraat rondom my keuse oor my beroep. Dit was nie eers ‘n jaar nie, toe doen ek aansoek vir my keuring by somatologie.


Ek was nog nie een keer spyt of teleurgesteld in my keuse nie. Dankie vir al die raad, en dat jy my voorberei het oor wat die kurses behels. Een ding is seker, dit is baie harde werk en verg baie tyd maar mens groei ongelooflik in dit, en mens kry ‘n ander tipe blootstelling wat so amazing is.


Jy is ‘n ongelooflike mens. Jou werk is fantasties en jy maak altyd tyd vir jou kliënte.


Wat ‘n voorreg om jou te kan ken.


Baie liefde,


Xandria



85 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page