top of page

...it's just life

Updated: Jan 31, 2019

Dit is vroeg Saterdag-oggend. Johan en die kinders lê nog ‘n bietjie. Ek het ‘n sterk koppie koffie bitter nodig. Oudergewoonte, as die huis stil is, vang ek op Facebook op met my koffie in die ander hand.


Miskien was my koffie te sterk, of dit was die nagmerrie van gisteraand wat nog lol… maar terwyl ek deur die eindelose newsfeed kyk, raak ek bewus van twee kontrasterende posts.



 

Eers sien ek hierdie beautiful vrou, dit val my onmiddellik op hoe mooi sy na haarself kyk. Haar hare dik en lank, haar make-up netjies aangewend, baie mooi aangetrek. Mens kan sien haar outfit is sorgvuldig beplan. Sy lyk gelukkig. Dit is duidelik dat hierdie foto deur ‘n professional geneem is. Sy poseer in ‘n lush groen tuin. Dit laat haar afgeronde gelaat nog meer prominent vertoon.


Voor ek mooitjies op die post kan kliek om meer te lees, gly my hand en skuif my duim die news- feed opwaarts.


Daar is nog ‘n meisie. Dit lyk asof dit vir haar moeilik was om haar haartjies in die laaste tyd te kon versorg. Haar lippe is piek, maar dit is al. Sy’t ‘n t-shirt tipe hemp aan, peach. Dit lyk asof sy op haar bed sit. Dit lyk of die foto sommer met haar selfoon geneem is. Haar boodskap lees, "ek het dringend werk nodig… my mammie is skielik oorlede en ek moet my sussie help versorg".


Ek kry ʼn knop in my keel en die koffie proe skielik bitterder as wat ek kon onthou van die vorige sluk.

Ek tel my oë op van my foon af voor ek in trane uitbars, en ek sien skielik weer dieselfde tipe kontras in ons tuin raak. Ons het ʼn deel wat so sukkel om te vat aan die regterkant van ons tuin, terwyl die linkerkant weelderig groei en blom. Beide kante is dieselfde tyd geplant. Johan verpes dit... hy het nou al ʼn hele paar planne probeer maak, tevergeefs... en dit val my op.


Hoekom is dit so dat die lewens van hierdie twee vroue op so drastiese wyse verskil. Waarom gaan dit met party soos die linkerkant van ons tuin en met ander soos die regterkant, sommer so gelyktydig... maak nie saak hoe hard jy hustle nie?


Verstaan asseblief dat ek my nie probeer uitlaat oor die lewens van twee windvreemde vroue wat ek vanoggend terloops op Facebook raakgesien het, en glad nie die omstandighede rondom beide stories ken nie.


Ek gesels bloot met jou oor hoe hierdie twee posts my laat dink het oor die lewe en hoe absoluut onvoorspelbaar en onbeheerbaar dit is.


Ek besef opnuut dat alles net genade is.


Dit is nie omdat ek dink ek werk harder as ʼn ander, en daarom verdien ek meer nie. Nie omdat ek dink ek maak beter, meer calculated besluite nie. Dit het niks te maak met my of die volgende persoon se “luck” nie (voorafgenoemde bestaan nie, belowe).


Dit is alles God se awesome genade... want in Hom lewe ons, beweeg ons en is ons.


Dit is genade dat ek vanoggend my oë oopgemaak het, en ek nie ʼn klont in my bors gevoel het nie. Dit is genade dat Johan later by my kan aansluit met ʼn koppie boeretroos. Dit is genade as ek my kinders se voetstappe hoor wat in die gang afgehardloop kom opsoek na hul mamma.

Ek dink, die oomblik wat mens tot die werklike besef kom dat alles net genade is, kan jy in dankbaarheid begin leef. Uiter dankbaar, vir elke sekonde wat ons vir mekaar geleen, gesond en geseën is.


Ek dink, die oomblik wat jy werklik dankbaar is vir wat Jesus vir ons aan die kruis gedoen het, en God se genade en liefde... val soveel ander “dingetjies” sommer net weg. Alle pretensies. Alle, ek is, ek gaan, ek bepaal my lot.


Ek is in die mooi-maak bedryf, ja, en ek is seker veronderstel om daardie eerste vriendin se foto’s te celebrate en share, en Facebook "love"... maar vanoggend trek my hart net punt na die vriendin met haar peach top, op haar bed, met ʼn desperate versoek...... en al wat ek wil doen is haar ʼn drukkie gee en se, alles gaan okay wees. Vanoggend celebrate ek jou dapper vrou. Ek celebrate jou binneste en kyk alles wat buite is 100% mis.


Wees dankbaar my maatjies – dankbaar vir die tyd wat ons vir mekaar geleen is, even dankbaar vir die seisoen waarin jy jouself bevind. Selfs al gaan jy deur donker dieptes, moenie bang wees nie, want Hy is by jou. In Sy hande is jy veilig.


Hetsy dit nou op die bergtoppe, of in die vallei is, daar is miskien nie ʼn uitsig in die vallei nie, maar daar is blomme my sussie.

Tot ons weer gesels, bly mooi!


Anrie


NS; ...en Susan... ek het jou net lief vandag... okay!


64 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page