top of page

Nie NOG ‘n baby-blog nie – belowe!

Updated: Apr 10, 2019

Kyk, dat die bevolking nog enigsins groei is ‘n wonderwerk opsigself (wel nie regtig seker groei nie, kom ons gebruik eerder bestaan). Vader weet, daar is meer as genoeg waaraan ons blootgestel word wat kinders-hê betref, en as ons wat kinders het so gaan aangaan, gaan ons die arme siele wat nog hoop om eendag die voorreg te hê so afskrik, dat ons ou volkie nie meer lank gaan voortbestaan nie.


Ek is s-o-o-o jammer, maar dit is nou maar een maal die fase van my lewe waarin ek is en inevitably gaan ek iets op hierdie blog oor kinders moet sê. Maar ek belowe – hierdie gaan sowaar nie nog ‘n baby-blog wees nie.


Dus – as jy ʼn voornemende mamma is wat hier lees – hierdie is jou cue, besoek liefs CHILLA\V se aanlyn afspraak blad en kom geniet ʼn pamper, jy kan later oor hierdie dinge worry.



 

Nee, ek wil nie chat oor hoe moeilik dit is nie. Ook nie oor hoe dit die bank breek nie. Ek wil allermins ook nie gesels oor hoeveel onnodige goeters in ons huis rondstaan - omdat jy dit eenvoudig MOET hê as jy kinders groot-maak nie. Phew, daai was ʼn moeilik een om te erken – maar nou’s dit uit (ek hoop Johan kyk hierdie sin mis).


Nee Susan, ek wil ook nie chat oor wat teen wanneer moet gebeur nie. Sjoe, daai "milestones" het 'n manier om mens vreeslik angstig te maak!


Johan het homself ‘subscribe’ om weekliks ʼn e-pos te ontvang (ek gaan nie sê by watter baby-blog nie); shaime, in sy defence, hy was kranksinnig gestres voor die twins gebore is.


Daai e-posse (en soortgelyke goed) is uit die put van die hel, kom ek jou vertel.

Die e-posse sync met jou baba se geboorte, so jy moet dit soort-van “aktiveer” die dag as baba kom en dan “volg” dit baba se ouderdom en mylpale (argh, wat ʼn nodige, maar simpel woord)!

Die e-posse het eers begin met hoeveel keer daar in ʼn dag gepoef hoort te word.


In kort het dit gelees ons hoop vir gereelde poef, maar verseker nie meer as 8 maal per dag nie. Ons hoop vir ʼn puree-soort tekstuur, maar liefs nie te sag nie. Ons hoop dit is sag genoeg om nie moeilik uit te kom nie, maar net nie te waterig nie. Ons hoop dit is camo-kleurig; liefs nie te groen nie, maar ook nie te wortel oranje nie.


Omtrent asof jy ʼn graad moet hê om presies die regte poef te identifiseer. Ek het altyd gewonder, nou wat dan gemaak as dit gereeld maar nie te gereeld, puree-rig sag maar nie te sag nie, stywerig, maar nie te styf nie, groen maar nie te groen is nie? Wen jy 'n Nissan?


Arme Johan kom toe met die oplossing en besluit om kleurkaarte by Dulux® te gaan kry om dit daaraan te meet en hy het behoorlik die wêreld aan die brand gebel as dit “fern green” in plaas van “ivy green” is (dis nou as hy naby genoeg aan die doek kon kom). Wat is dit met mans en poef doeke, BTW (daar gebruik ek dit nê_verwys na blog inskrywing_ Chilla Vanilla as jy nie weet wat op aarde ek hier bedoel nie)?


Toe ons uiteindelik die poef onder die knie het, moes ons tummy-time. Jip, dit is omtrent hoe lank dit gevat het om die poef-formule reg te kry. Krisis – en jy moet dit time jong, ʼn minuut op ʼn slag, ten minste drie keer, nie meer as vyf keer nie (behoorlik soos 8h30 vir 9h00, mens wonder altyd, is ek nou te vroeg of dalk te laat). Tummy-time verkieslik na baba se eerste oggend-slapie, nie te na aan die middag-slapie nie en verseker nie op ʼn vol magie nie mamma!


Dit het letterlik vir my gevoel of 24 ure net eenvoudig nie genoeg is om alles in te pas nie, en na die derde aaneenlopende 24 uur dae, was niks, maar absoluut niks meer snaaks nie.


Liewe mens, ek sweer ek kan jou vir die beste deel van hierdie dag... miskien week besig hou met die presiese spesifikasies van baba-grootmaak volgens die boeke (nie asof jy dit nie reeds weet nie), maar dit is nog steeds nie waaroor ek wil gesels nie.


Ek wil gesels oor die magic van mamma-wees. So ʼn awesome voorreg van vrou-wees!

En GROOT asseblief verstaan reg – mamma wees diskwalifiseer nie vrou-wees nie! Ek sien dit so – mamma-wees is soos die middel van ʼn Fizz-Pop. As jy net die eerste paar lae van die suigstokkie het om te suig, is dit awesome en lekker en taai, soet en suur en als sugar, spice and everything nice... maar dan kom die fizz. Jy, liefste dame, wat nie ʼn mamma van twee-voet gedaantes is nie, het steeds daai fizz in jou hoor.


Ek kan natuurlik nie net suig tot ek by die sherbit uitkom nie – ek byt later maar die ding stukkend en dan die ontploffing (en Susan – jy met die skottelgoed-water gedagtes, ons praat hier van ʼn suiglekker).


Daai sherbit is mamma-wees. Dit is 'n ontploffing van onbeheerbare emosies, onverstaanbare, onvoorwaardelike liefde, lag-en-huil gelyk (behoorlik soos jakkals trou met wolf se vrou). Daai sherbit borrel oral uit – jy kan dit nie keer nie, maar dit is okay.


Dit is hierdie magic wat ons wil celebrate by CHILLA\V. Ons wil jou celebrate dame – ja, jy.

Jy wat op onmoontlike maniere kan multi-task. Jy wat vir weke met 4 ure se slaap ʼn dag kan manage. Jy wat mushy is, maar ʼn tier as daar net ʼn skewe kyk na jou kind(ers) se kant is. Ons wil jou celebrate! Ons wil jou mooi maak, sodat jy al hierdie dinge kan doen terwyl jy soos ʼn Cosmo-voorblad model lyk :-)


En, kan ons almal ʼn poging aanwend om ʼn bietjie minder te fokus op die crazyness van mamma wees en eerder hande-vat, toe? In any case, jy is uit jou skoene ge-bless as jy jouself ʼn mamma kan noem.


Daar is nog soveel mooi mammas-to-be wat kyk hoe jy optree, hoe jy dit handle.


Mamma, en jy met die tieners – ek kyk op na jou – daai is nog hele ander ball-game wat voor my lê soos ʼn wafferse Everest.


Nou ja mamma, as dinge te veel raak, kom chill – ek kyk uit vir jou afspraak.


Tot ons weer gesels; bly mooi.


Anrie


NS: Ai tog, en as jou naam Susan is... ek praat van ʼn ander Susan, nie jy nie, belowe.


47 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page