top of page

...jy sê dit ruik na laventel, Susan!?

Updated: Feb 15, 2019

Oooh jinne, ek probeer fokus om hierdie inskrywing te skryf, maar ek kan nie help om te dink ek gaan die een of ander tyd in die sop beland oor “Susan” nie. Het jy al van die Afrikaanse flieks op KykNet gekyk? Aan die einde van die fliek is daar altyd iets tot die effek van - die karakters in hierdie fliek is fiksie (daai een is nog fine), maar dan die cracker: ...as jy dink dat jy een van die karakters is wat uitgebeeld word – jy is nie!


Bwa-ha-ha-ha!


Dus, Susan – dit is nie jy nie – al voel dit dalk vir jou so...


In the interest of full disclosure: Johan het meer as normaal keel skoon gemaak terwyl hy hierdie inskrywing geproeflees het. So... as jy vanoggend bietjie moeiliker opgestaan het as normaal, lees dalk liewer die inskrywing op ʼn ander dag asseblief?


 

Het jy al ooit in ʼn vertrek / winkel / plek / geselligheid ingestap – wag – dalk eerder nie eers nodig om te vra nie... eerder ʼn stelling: jy ken daai gevoel wanneer jy in ʼn vertrek / winkel / plek / geselligheid instap en jou oog val op ʼn individue met ʼn op-stairs kyk. Hollywood het ʼn manier om dit nogal goed uit te beeld – dink aan Vivian Ward (Julia Roberts) in Pretty Woman (kom nou – ek weet jy het dit al ten minste 19 keer gekyk), waar sy in die boutique instap in Beverly Hills.


Dit begin eers met 'n ysige oog kontak oomblik, dan volg die kyk 'n effe op-en-af beweging soos dit soos vuur oor jou silhoëtte brand. Jip, dit is daardie gevoel waarna ek verwys.

Wat is dit met daai gevoel dat dit ‘n mens onmiddellik so van jou lewens-as laat afkantel, dat jy nie eers weet hoe om te reageer of op te tree nie.


In die verlede het ek myself onmiddellik begin kasty – sien jy Anrie – hierdie top is lankal reeds verby die “point of no return” gedra... en hierdie broek sit effe knap... dêmit, is dit omdat sy reken ek moes al 8 weke terug met my dieet begin het, of gesien het dit is ʼn Mr Price jean... en wanneer laas was ek nou weer vir my hare...

Jy fokus so flippen hard op wat jou “minderwaardig” maak, dat jy die massiewe wetenskaplike deurbraak totaal miskyk...

Susan se poep wat na laventel ruik!!! Ek meen, this is life changing people.

Omtrent soos Poo~Pourri™ (jinne maar daai goed is nou vir jou duuuuur)! Ek meen, teen daai prys sal ek hoop my poo~(ruik soos)~pourri. En daai botteltjie is so piep klein! Ek is nietemin, mal verby oor hul bemarking videos! Ten minste besef die makers van hierdie produk dat ʼn goeie opelyf maar ʼn ongemaklike, moeilike, reukerige affêre is. Welgedaan vir ʼn ding sê soos dit is Poo~Pourri™ :-)


Liewe leser, ek skryf oor hierdie dinge, omdat dit deel is van menswees, vrouwees. Dit is nie iets wat jy aan-en-af kan skakel, of verander nie. Ons almal poep en ek belowe jou, niemand se poep ruik na laventel nie.

So wat presies is dit wat jou soveel beter maak as ek, Susan? Reken jy moontlik dat jy mooier is as ek... was jy dalk slimmer op skool, miskien meer populêr.. begaafd gewees in sport of kultuur miskien? Is dit miskien jou Universiteits-graad? Is dit moontlik die motor wat jy ry... of die huis waarin jy bly? Wag, dalk is dit die balans van jou bankrekening of is dit omdat jy jou klere by ʼn boutique koop en nie shop by allerlei winkels vir afslag soos ek nie?


Sien, hierin lê die crux: jy het nie jouself gemaak nie. Jy kon nie jou gawes op die een-of-ander manier verdien nie.

Graad? Dit is ʼn voorreg om onmiddellik na skool-opleiding te weet in watter rigting jy jou lewe wil (probeer) stuur en ʼn voorreg om daarvoor te kon betaal.


Jou motor? Jong, as jy eerstens so bevoorreg is om ʼn motor te besit, wat maak dit nou eintlik saak hoe ons by ons bestemming uitkom. Hetsy dit nou met ʼn Volkswagen sonder leer seats is of ʼn Volvo met...... “Liefie” gil ek in die gang af, “wat het jy gesê is daai skerm wat jou wys waarheen jy moet ry”. “SATNAV” kom die antwoord en onmiddellik daarna “S-A-T-N-A-V”... asof ek nie weet hoe om SATNAV te spel nie...... SATNAV, ons almal kom uiteindelik by ons bestemming aan.


Huis? Van huiseienaar wees kan ek boeke skryf. Het jy al, al die slippies oor die jare bymekaar getel om te sien wat daai stuk pleister-en-sement kos om aan die gang te hou...en dan kort die buitemure alweer ʼn nuwe coat verf!


Bankrekening? Reken jy Steve Jobs (van Apple) kon met al sy biljoene dollars vir hom een ekstra dag by sy lewe by-koop?


Klere? Jy weet ek staan toe oor Desember en stryk aan een van my (bietjie meer gedra as wat ek seker moes) t-shirts en dit kom by my op: die ou hempie het ʼn jaar of wat terug ʼn aardige bedraggie gekos, want daar is ʼn plakker op wat sê “Roxy™”. Maar die ou hempie lyk na al die was en stryk net so bleek en getorring soos die een wat ek omtrent dieselfde tyd by Jet® gekoop het, sonder ʼn plakker, en boonop vir heelwat goedkoper.


Dit is materiaal, en dit verweer, waar-ook-al dit begin het voordat dit in ʼn hempie gesny en stik is. Voor dit ʼn label’tjie gekry het. Miskien is dit nou juis waar die kinkel in die kabel is... labels.

Jy sien, ek probeer weergee dat daar nie eintlik iets is wat my en jou soveel anders maak nie. Ons verdien nie eintlik enige iets nie... absoluut ALLES is alleenlik deur God se liefde en genade.


Ons is al twee vrou, mens, en as jy kan sê jy slaap onder ʼn dak, met pajamas aan, nadat jy kon eet en warm stort, is jy ryker as 70% van die populasie op aarde. Kan ons nie eerder maar net dankbaar wees en mekaar, en bloot die voorreg om te lewe, celebrate nie. Kan ons nie eerder net ons bes probeer om die mooi in ander sien en vir eens net verby die oppervlakkige, aardse dinge te kyk nie?


Mot en roes gaan al hierdie dinge tog in elk geval uiteindelik verniel liewe vriendin.

"Sekerlik nie my titel nie" hoor ek jou sê Susan... "tog sekerlik nie dit wat ek agterlaat nie"? ... miskien nie in die geskiedenisrekords nie Susan, maar kom ek belowe jou, even met daai titel, sosio-ekonomiese status, grênd huis, kar en klere... stink jou poep steeds! En die sleutelwoord hier is “agterlaat”... en teen daardie tyd stink nie net jou poep nie!


Een ding kan ek jou onomwonde belowe... by CHILLA\V weet ons, poep ruik nie na laventel nie.


Vra maar een van my kliënt-vriendinne wat die een dag so lank moes inhou aan daai windjie - die arme ding - dat dit so-wrintie uitgeglip het, mooitjies toe ek my kop sak om die wax-strip duskant die rimpelkring af te trek.


Op daardie oomblik was daar ʼn hele paar goed wat deur my kop gegaan het, maar die slotsom van al daai goed was: li—ber—ty! Definisie: “the state of being free within society from oppressive restrictions imposed by authority on one's way of life and behaviour.


Ongelukkig kon ek nie op daai oomblik die nuwe revolation van vryheid op ‘n beduidende vokale manier aan haar bekend maak nie – net-nou dink die arme girl dat daar iets in my lewe skeef geloop het... ek meen, sy het sopas (nie met opset nie) letterlik flat-out in my gesig gepoep en hier gaan ek aan't juig daaroor!?


So, my verstarde oë het bloot hare ontmoet, asof ons beide geweet het daai een sit al ʼn rukkie en wag, en daar was net eenvoudig nie keer nie (ons is almal mense, ongeag wie of wat jy is) en sy het bloot gesê “oops!”... geen histerie, geen aanhoudende omverskonings nie... net “oops!”... en ek wou haar dan-en-daar salueer soos ʼn wafferse Katniss Everdeen in The Hunger Games.


Nou nie dat ek sal pop-corn spring vir bogenoemde fliek(s) nie – Johan het dit (net soos The Matrix) soveel keer oor gekyk soos ek PS. I love you...... ek het opgehou tel by 14.

Ek gesels so frankly en openlik as moontlik oor hierdie dinge sodat jy, liewe dame, verstaan dat ék verstaan. Geen pretensie (...en soms na ʼn lang dag van inhou het ons ook geen beheer nie).

Jy is so baie, baie welkom by CHILLA\V, nes jy is. Ons kan nie wag om jou te ontmoet nie. Of jy nou ʼn Volvo of ʼn Volkswagen ry... kom kuier, toe?

Nie jy nie Susan, sit... ha-ha-ha!


Tot ons weer gesels... bly mooi!


Anrie


NS; 'n Girl kan darem ook nou nie sonder haar Sissy Boy's nie. So mevrou, jy met die stunning klerekas, bogenoemde stuk is verseker nie bedoel om jou uit plek te laat voel nie. Ons celebrate verseker hierdie integrale deel van vrou-wees ook! :-)

.

.

.

.

.


144 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page